24 En daar het ’n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap.
25 Daarop kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: Here, red ons, ons vergaan!
26 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ’n groot stilte gekom.
27 En die manne het hulle verwonder en gesê: Wat vir ’n mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom gehoorsaam is?
28 EN toe Hy aan die oorkant kom, in die land van die Gergeséners, het twee duiwelbesetenes Hom ontmoet, wat uit die grafte uitgekom het en baie kwaai was, sodat niemand met daardie pad kon verbygaan nie.
29 En meteens skreeu hulle en sê: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van God? Het U hier gekom om ons voor die tyd te pynig?
30 En ver van hulle af het ’n groot trop varke gewei.