7 Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in sy ore.
8 Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.
9 Rook in sy neus het opgegaan, en ’n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.
10 En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en wolkedonkerheid was onder sy voete.
11 En Hy het op ’n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het verskyn op die vlerke van die wind.
12 En Hy het duisternis rondom Hom as hutte gestel, versameling van waters, diktes van wolke.
13 Uit die glans voor Hom het gloeiende kole gebrand.