26 En Joab het van Dawid af weggegaan en boodskappers agter Abner aan gestuur, wat hom teruggebring het van die put Hassira af sonder dat Dawid dit geweet het.
27 Toe Abner dan in Hebron terugkom, het Joab hom eenkant toe gelei in die middel van die poort om vertroulik met hom te praat en hom daar in die onderlyf gesteek, sodat hy gesterf het, oor die bloed van sy broer Ásahel.
28 Toe Dawid dit daarna hoor, sê hy: Ek en my koninkryk is voor die Here vir ewig onskuldig aan die bloed van Abner, die seun van Ner.
29 Mag dit losbreek op die hoof van Joab en op sy hele familie, en mag die huis van Joab nie vry wees van een wat ’n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie.
30 Joab dan en Abísai, sy broer, het Abner vermoor, omdat hy hulle broer Ásahel by Gíbeon in die geveg gedood het.
31 Verder het Dawid aan Joab en al die mense wat by hom was, gesê: Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag voor Abner uit! En koning Dawid het agter die baar aan gegaan.
32 Toe hulle Abner in Hebron begrawe, het die koning sy stem verhef en geween by die graf van Abner; die hele volk het ook geween.