14 en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye — al dié werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.
15 En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue — die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua — gespreek
16 en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by ’n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit ’n seun is, maak hom dood; maar is dit ’n dogter, laat haar lewe.
17 Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe.
18 Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe?
19 En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk — voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar.
20 Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword.