1 GODSPRAAK oor Egipte. Kyk, die Here ry op ’n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.
2 En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
3 En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.
4 En Ek sal Egipte oorgee in die hand van ’n harde meester, en ’n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here Here van die leërskare.
5 En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.
6 En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.