18 In dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die Here van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
19 In dié dag sal daar ’n altaar wees vir die Here binne-in Egipteland en ’n gedenksteen vir die Here by die grens.
20 En dit sal wees ’n teken en ’n getuie vir die Here van die leërskare in Egipteland; as hulle die Here aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle ’n redder stuur en ’n stryder wat hulle sal verlos.
21 En die Here sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die Here ken in dié dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die Here en dit betaal.
22 En die Here sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die Here bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.
23 In dié dag sal daar ’n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die Here dien.
24 In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, ’n seën in die midde van die aarde,