3 En wie in Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, dié sal heilig genoem word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem —
4 as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging.
5 Dan skep die Here oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms ’n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar ’n beskutting wees.
6 En daar sal ’n afdak wees vir ’n skaduwee bedags teen die hitte en vir ’n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën.