1 DIE mens uit ’n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.
2 Hy spruit uit soos ’n blom en verwelk; ook vlug hy soos ’n skaduwee en hou nie stand nie.
3 En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.
4 Ag, kon maar ’n reine voortkom uit ’n onreine — nie een nie!
5 As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,