11 God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.
12 Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.
13 Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.
14 Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos ’n held.
15 ’n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek.
16 My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar ’n doodskaduwee;
17 alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.