1 MY gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my.
2 Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus.
3 GEE tog ’n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen?
4 Want U het húlle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie.
5 Hy wat vriende aanklaag vir ’n buitaandeel — die oë van sy kinders sal versmag.
6 Maar Hy het my ’n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug.
7 Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos ’n skaduwee.