21 Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!
22 Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?
23 Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ’n boek opgeteken word —
24 met ’n ystergriffel en lood — vir altyd in ’n rots ingekap!
25 MAAR ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
26 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;
27 Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë — en geen vreemde nie — sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.