4 Hy breek ’n mynskag, wég van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.
5 Die aarde — daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.
6 Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.
7 ’n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;
8 waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.
9 Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.
10 In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.