2 Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!
3 Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.
4 Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.
5 Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.
6 Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!
7 Waar is ’n man soos Job wat godslastering drink soos water?
8 Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?