29 En gee Hý rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? — of dit al ’n nasie betref of ’n mens, almal saam;
30 sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.
31 WANT sê iemand wel tot Gód: Ek boet sonder dat ek sleg handel;
32 wat ek nie insien nie, leer Ú my dit; ás ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie —
33 moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet — spreek dit uit!
34 Manne van verstand sal vir my sê, en ’n wyse man wat my aanhoor:
35 Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.