1 HET die mens nie ’n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van ’n dagloner nie?
2 Soos ’n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos ’n dagloner wat wag op sy werkloon,
3 so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem.
4 As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe.