4 En as die volk van die land hulle oë maar enigsins toemaak vir dié man as hy van sy kinders aan Molog gee, sodat hulle hom nie doodmaak nie,
5 dan sal Ek my aangesig rig teen dié man en sy geslag, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer om agter Molog aan te hoereer, uitroei onder hulle volk uit.
6 En as ’n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit.
7 Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is die Here julle God.
8 En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die Here wat julle heilig.
9 Want elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy bloedskuld is op hom.
10 En as iemand owerspel doen met ’n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word.