16 Wee jou, o land, as jou koning ’n kind is, en as jou vorste in die môre vroeg maaltyd hou.
17 Gelukkig is jy, o land, as jou koning ’n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie.
18 Deur allerhande luiheid versak die balkwerk, en deur slapheid van die hande lek die huis.
19 Vir plesier maak hulle maaltye klaar, en die wyn maak die lewe vrolik, en die geld verskaf alles.
20 Vloek die koning selfs in jou gedagte nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee.