7 Ek is soos ’n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos ’n uil op die puinhope.
8 Ek is slapeloos en het geword soos ’n eensame voël op die dak.
9 Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as ’n vloek.
10 Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,
11 vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.
12 My dae is soos ’n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.
13 Maar U, o Here, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.