7 Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.
8 Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!
9 Maar my siel sal juig in die Here, dit sal bly wees in sy heil.
10 Al my beendere sal sê: Here, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!
11 Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.
12 Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.
13 En ek — toe hulle siek was, het ek ’n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.