3 Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie.
4 Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie.
5 Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat!
6 Maar dít het julle darem in julle guns: julle verafsku wat die Nikolaïete doen, net soos Ek dit ook verafsku.
7 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is.
8 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Smirna:So sê die Eerste en die Laaste, wat dood was en weer lewend geword het:
9 Ek ken julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk. Ek weet ook van die kwaadstokery van die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar tot die sinagoge van die Satan behoort.