6 Maar dít het julle darem in julle guns: julle verafsku wat die Nikolaïete doen, net soos Ek dit ook verafsku.
7 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is.
8 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Smirna:So sê die Eerste en die Laaste, wat dood was en weer lewend geword het:
9 Ek ken julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk. Ek weet ook van die kwaadstokery van die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar tot die sinagoge van die Satan behoort.
10 Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie. Kyk, die duiwel gaan party van julle in die tronk laat gooi, sodat julle in beproewing sal kom, en julle sal tien dae lank baie swaar kry. Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.
11 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.Dié wat die oorwinning behaal, sal beslis nie deur die tweede dood getref word nie.
12 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Pergamum:So sê Hy wat die skerp swaard met die twee snykante het: