13 Die mense van Bet-Semes was besig om koring te oes in die laagte, en toe hulle opkyk, sien hulle die ark. Hulle was bly om dit te sien.
14 Die wa het tot by die grond van Josua van Bet-Semes gekom en daar gaan staan. Dáár was 'n groot klip. Hulle het die hout van die wa stukkend gekap en die koeie as brandoffer aan die Here geoffer.
15 Die Leviete het die ark van die Here en die kissie daar langsaan waarin die goue voorwerpe was, afgelaai en op die groot klip neergesit. Op daardie dag het die mense van Bet-Semes aan die Here brandoffers en ander diereoffers geoffer.
16 Toe die vyf Filistynse regeerders dit sien, het hulle dieselfde dag nog teruggegaan na Ekron toe.
17 Die geskenk wat die Filistyne aan die Here gegee het, die goue afbeeldings van die swere, was een vir Asdod, een vir Gasa, een vir Askelon, een vir Gat en een vir Ekron.
18 Die goue afbeeldings van die muise was vir die versterkte en onversterkte stede van die vyf Filistynse regeerders. Die groot klip waarop hulle die ark van die Here neergesit het, staan tot vandag toe as getuienis op die grond van Josua van Bet-Semes.
19 Maar die Here het die inwoners van Bet-Semes getref omdat hulle die ark bekyk het. Hy het sewentig man onder hulle laat sterf. Toe het hulle gerou omdat die Here hulle so swaar getref het.