10 Toe antwoord die koning: “As iemand net weer hieroor met jou praat, moet jy hom na my toe bring, en hy sal jou nie weer lastig val nie.”
11 Maar die vrou sê: “Sal die koning tog nie in die Naam van die Here u God onder eed verklaar dat die mense wat my seun moet straf, nie te ver sal gaan en hom doodmaak nie? Hulle moet hom tog nie om die lewe bring nie.”Toe sê die koning: “Ek verklaar voor die Here: Daar sal nie 'n haar van jou seun op die grond val nie.”
12 “Mag ek miskien net nog 'n enkele woord tot die koning rig?” vra die vrou.“Praat maar,” het die koning geantwoord.
13 Toe sê die vrou: “Waarom pleeg u dan 'n onreg teen die volk van God? Terwyl u hierdie uitspraak gelewer het, het u uself skuldig verklaar, omdat u weier om u verjaagde seun te laat terugkom.
14 Ons sal almal sterf en soos water wees wat op die grond uitgegooi is en nie weer bymekaargemaak kan word nie. God wil geen lewe neem nie, Hy berei 'n weg om die voortvlugtige nie te verstoot nie.
15 Ek het nou hierdie saak met die koning kom bespreek omdat die mense my bang gemaak het. Ek het gedink ek wil met die koning praat. Miskien doen die koning iets aan my saak.
16 Die koning sal beslis luister en my red uit die hand van dié mense wat my en my seun wil uitroei uit die volk van God.