1 Die woord van die Here het tot my gekom op die tiende van die tiende maand, in die negende jaar:
2 “Mens, jy moet dié datum aanteken, presies dié datum. Die koning van Babel het Jerusalem vandag aangeval.
3 Vertel vir dié weerbarstige volk 'n gelykenis. Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God:“Sit 'n pot op die vuur, sit dit open gooi daar water in.
4 Sit vleis daarin,net goeie vleis,boud en blad,en sit die beste bene by,
5 vat van die beste skape.Pak die brandhout in 'n ring onder die poten laat dit kook;maak die bene gaar saam met die vleis in die pot.”
6 So sê die Here my God: “Ellende wag vir die stad van bloedvergieting, die verroeste pot waarvan die roes nie wil afkom nie. Haal stuk vir stuk vleis uit, moenie uitsoek nie.