3 Vertel vir dié weerbarstige volk 'n gelykenis. Jy moet vir hulle sê: So sê die Here my God:“Sit 'n pot op die vuur, sit dit open gooi daar water in.
4 Sit vleis daarin,net goeie vleis,boud en blad,en sit die beste bene by,
5 vat van die beste skape.Pak die brandhout in 'n ring onder die poten laat dit kook;maak die bene gaar saam met die vleis in die pot.”
6 So sê die Here my God: “Ellende wag vir die stad van bloedvergieting, die verroeste pot waarvan die roes nie wil afkom nie. Haal stuk vir stuk vleis uit, moenie uitsoek nie.
7 Die bloed wat deur die stad vergiet is, is binne-in hom; hy het dit op 'n kaal klip vergiet, hy het dit nie op die grond uitgegooi sodat die stof dit kon bedek nie.
8 My toorn het ontbrand, Ek sal wraak neem: Ek vergiet sy bloed op 'n kaal klip, dit sal nie bedek word nie.”
9 So sê die Here my God: “Ellende wag vir die stad van bloedvergieting. Ek gaan 'n groot hoop hout aanpak.