1 So sê die Here:Ek laat 'n verwoestende wind oor Babel waaien oor die inwoners van Leb-Kamai.
2 Ek stuur mense om Babel uit te skud,hulle sal sy land leegstroopwanneer hulle hom van alle kante af bestormdie dag as die ramp losbreek.
3 Moenie die boogskutters van Babel kans geeom hulle boë te span of hulle harnasse aan te trek nie!Moenie jammer wees vir sy jongmanne nie,roei sy hele leër uit!
4 Galdeërland sal vol dooies lê,sy strate vol gesneuweldes.
5 Israel en Juda is nie alleen nie,nie sonder sy God, nie sonder die Here die Almagtige nie.Galdeërland het hom vergrypteen die Heilige van Israel.
6 Vlug uit Babel uit, red julleself,moenie deur sy sonde omkom nie!Die tyd is daar dat die Here Hom wreek,dat Hy Babel sy verdiende loon laat kry.