11 Maak skerp die pyle, vat die skilde!Die Here het die konings van Medië in beweging gebring,want Hy het besluit dat Babel verwoes moet word.Die Here gaan Hom wreek oor wat met sy tempel gebeur het.
12 Steek 'n vaandel op teen die mure van Babel,versterk die wagposte, sit wagte uit,stel hinderlae op,want die Here gaan sy besluit uitvoer,Hy gaan met die inwoners van Babel doen wat Hy gesê het.
13 Jy wat langs die baie waters woon,met jou baie skatte,jou einde het gekom,jou lewensdraad word geknip.
14 Die Here die Almagtige het 'n eed afgelê by Homself:Ek laat die vyande soos sprinkane op jou toesak,en hulle sal met 'n geskreeu die oorwinning oor jou vier.
15 Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het,wat met sy wysheid die wêreld gevestig heten met insig die hemel oopgesprei het.
16 Wanneer Hy sy stem laat hoor, druis die water in die hemel;Hy laat die mis opstyg van die eindes van die aarde af,Hy laat die weerlig slaan wanneer dit reën,Hy laat die wind uit sy voorraadskure uitkom.
17 Dan sien elke mens hoe dom,hoe sonder kennis hy is;dan staan elke goudsmid verleë met sy afgodsbeeld,want sy beeld is bedrog, daar is geen lewe in nie.