17 Dan sien elke mens hoe dom,hoe sonder kennis hy is;dan staan elke goudsmid verleë met sy afgodsbeeld,want sy beeld is bedrog, daar is geen lewe in nie.
18 Hulle is nikswerd gode, voorwerpe van spot,hulle vergaan as die tyd van afrekening kom.
19 Die God van Jakob is nie soos hulle nie,Hy is die Skepper van alles en almal.Daar is 'n volk wat aan Hom behoort.Die Here die Almagtige is sy Naam.
20 Jy was my hamer, Babel, my oorlogswapen;Ek het nasies met jou verslaan,Ek het koninkryke met jou vernietig;
21 Ek het perde en ruiters met jou verslaan,Ek het strydwaens en bemannings met jou verslaan,
22 Ek het mans en vrouens met jou verslaan,oumense en jongmense,jongmanne en jongmeisies,
23 herders en kuddes,boere en trekdiere,goewerneurs en gesagdraers.