3 Moenie die boogskutters van Babel kans geeom hulle boë te span of hulle harnasse aan te trek nie!Moenie jammer wees vir sy jongmanne nie,roei sy hele leër uit!
4 Galdeërland sal vol dooies lê,sy strate vol gesneuweldes.
5 Israel en Juda is nie alleen nie,nie sonder sy God, nie sonder die Here die Almagtige nie.Galdeërland het hom vergrypteen die Heilige van Israel.
6 Vlug uit Babel uit, red julleself,moenie deur sy sonde omkom nie!Die tyd is daar dat die Here Hom wreek,dat Hy Babel sy verdiende loon laat kry.
7 Babel was 'n goue beker in die hand van die Here,'n beker wat die hele wêreld dronk laat word het:die nasies het van sy wyn gedrinken daarvan mal geword.
8 Babel kom skielik tot 'n val, hy stort ineen!Huil oor hom, gaan haal balsem vir sy wonde,miskien word hy gesond!
9 Ons het Babel gedokter, maar hy het nie gesond geword nie.Gee pad uit hom, kom ons gaan elkeen na sy land toe,want die straf wat hom tref, strek tot aan die hemel,reik tot by die wolke.