32 dat die brûe beset is, dat die riete langs die rivier branden dat die soldate paniekbevange is.
33 So sê die Here die Almagtige, die God van Israel:Babel is soos 'n dorsvloer,en die tyd is daar dat hy vasgestamp moet word;nog net 'n rukkie, dan is die tyd daardat die graan op hom uitgedors word.
34 Koning Nebukadnesar van Babel het ons opgevreet, ons verteer, ons 'n leë kruik gemaak;soos 'n monster het hy ons ingesluk en hom dik gevreet,hy het ons leeggedrink en weggestoot.
35 Dié wat in Sion woon, sê:“Babel moet gestraf wordvir die geweld wat ons aangedoen is,vir die verminking.”Jerusalem sê:“Die inwoners van Galdeërland moet gestraf wordvir ons bloed wat vergiet is.”
36 So sê die Here:Ek sal vir julle reg opkom,Ek sal Babel straf vir wat jou aangedoen is:Ek sal sy baie water laat opdroog,ook die plek waar die water vandaan kom.
37 Babel sal 'n puinhoop word,'n blyplek vir jakkalse, 'n verlate plekwaaroor mense fluit van verbasing,'n plek sonder inwoners.
38 Sy inwoners brul nou almal soos leeus,hulle knor soos leeuwelpies,