47 maar die tyd kom dat Ek afreken met Babel se afgode,dat sy hele land verslaan sal wees,sy dooies oral in hom rondlê.
48 Hemel en aarde en alles in hullesal juig oor Babel se val,want dié wat hom sal verwoes,is aan die kom uit die noorde,sê die Here.
49 Deur Babel se toedoen het mense oordie hele aarde gesneuwel,en so sal hý sneuweloor dié wat van Israel gesneuwel het.
50 Julle wat aan die swaard ontkom het,gee pad, moenie staan nie!Dink daar uit die verte aan die Here,hou Jerusalem in gedagte.
51 Ons is verneder en beledig,daar het skande oor ons gekom,want vreemdes het ingestapin die gewyde gebied van die huis van die Here.
52 Daarom kom die tyd, sê die Here,dat Ek met Babel se afgode sal afreken:die gewondes sal kerm dwarsoor sy land.
53 Al word Babel hemelhoog,al versterk hy sy hoë vestings ook hoe,Ek stuur verwoesters na hom toe,sê die Here.