50 Julle wat aan die swaard ontkom het,gee pad, moenie staan nie!Dink daar uit die verte aan die Here,hou Jerusalem in gedagte.
51 Ons is verneder en beledig,daar het skande oor ons gekom,want vreemdes het ingestapin die gewyde gebied van die huis van die Here.
52 Daarom kom die tyd, sê die Here,dat Ek met Babel se afgode sal afreken:die gewondes sal kerm dwarsoor sy land.
53 Al word Babel hemelhoog,al versterk hy sy hoë vestings ook hoe,Ek stuur verwoesters na hom toe,sê die Here.
54 Daar word om hulp geroep uit Babel,daar klink harde smartkrete uit Galdeërland,
55 want die Here verwoes Babelen maak 'n einde aan sy geraas.Soos groot waters sal die golwe van sy vyandeteen hom aangedreun komen sal hulle krygsgeskreeu weerklink.
56 Ja, daar trek 'n verwoester op teen hom, teen Babel,en sy soldate word gevange geneem, hulle boë stukkend gebreek,want die Here is 'n God wat vergeld,en Hy sal voluit straf.