1 'n Uitspraak teen Babel wat deur die Here aan Jesaja seun van Amos geopenbaar is:
2 Hou 'n vaandel op bo-op 'n kaal heuwel,ontbied die leërmag,wink hulle nader met die hand:hulle moet die poorte van die trotse stad binnedring!
3 Ek, die Here, het soldate in diens geneem,Ek het hulle ontbied om my oordeel te voltrek,hulle wat hulle verheug oor my mag.
4 Hoor die gedreun op die berge,soos dié van 'n groot leërmag.Hoor die rumoer van die koninkryke,van nasies wat saamgespan het!Die Here die Almagtige maak 'n leër gereed vir die oorlog.
5 Hulle kom uit 'n ver land,van die uithoeke van die aarde af;die Here en die werktuie van sy oordeelkom om die hele land te verwoes.