3 Ek, die Here, het soldate in diens geneem,Ek het hulle ontbied om my oordeel te voltrek,hulle wat hulle verheug oor my mag.
4 Hoor die gedreun op die berge,soos dié van 'n groot leërmag.Hoor die rumoer van die koninkryke,van nasies wat saamgespan het!Die Here die Almagtige maak 'n leër gereed vir die oorlog.
5 Hulle kom uit 'n ver land,van die uithoeke van die aarde af;die Here en die werktuie van sy oordeelkom om die hele land te verwoes.
6 Huil, want die dag van die Here is naby;dit bring verwoesting,dit kom van die Almagtige af.
7 Almal se hande sal slap hang,almal se harte sal verstyf van angs.
8 Hulle sal skrikbevange raak,krampe en pyne sal hulle oorval;soos 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring,sal hulle inmekaarkrimp.Hulle sal mekaar beangs aankyk,wit van die skrik.
9 Die dag van die Here het nou gekom,dit is 'n wrede dag,'n dag van gramskap en gloeiende toorn,'n dag waarop die land verwoesen sy sondaars uitgeroei word.