9 Die dag van die Here het nou gekom,dit is 'n wrede dag,'n dag van gramskap en gloeiende toorn,'n dag waarop die land verwoesen sy sondaars uitgeroei word.
10 Die sterre en die sterrebeelde sal nie meer lig gee nie,die son sal al donker wees wanneer hy opkom,die maan sal ophou lig gee.
11 Ek sal die land straf oor sy boosheid,die goddeloses vir hulle sonde.Ek sal 'n einde maak aan die hoogmoed van die vermeteles,Ek sal dié wat hoogmoedig en verwaand is, verneder.
12 Ek sal mense skaarser maak as suiwer goud,skaarser as die goud uit Ofir.
13 Ek sal die hemel skud,die aarde sal uit sy plek uit geruk word,Ek, die Here die Almagtige, doen dit in my gramskapdie dag wanneer my toorn ontvlam.
14 Soos 'n ribbok wat opgejaag is,soos 'n skaap wat nie opgepas word nie,so sal die mense uit Babel padgee,elkeen na sy eie volk toe,so sal elkeen na sy eie land toe vlug.
15 Wie gevang word, sal doodgesteek word,wie ingehaal word, sal om die lewe gebring word.