9 Daar kom 'n man op 'n strydwa,'n strydwa met perde.Hy hou aan roep: Geval, geval het Babel,al sy afgodsbeelde lê stukkend op die grond!”
10 My volk, jy wat vertrap is op die dorsvloer,ek het vir jou gesê wat die Here vir my gesê het,die Almagtige, die God van Israel.
11 'n Uitspraak van die Here teen Duma:Iemand roep na my van Seïr af:“Wag, wanneer is die nag verby?Wag, wanneer is die nag verby?”
12 Die wag antwoord:“Die môre het gekom, maar dit is nog nag.As julle weer wil kom vra, kom vra gerus,julle kan elke keer weer kom vra.”
13 'n Uitspraak van die Here teen Arabië:Handelaars van Dedan,julle wat in die bosse van Arabië oornag,
14 gee water vir dié wat dors het;julle wat in Tema woon,bring kos vir die vlugtelinge!
15 Die mense vlug vir die oorlog:vir die swaard wat wil doodmaak,vir die boog wat reg is om te skiet.Die mense vlug vir die wrede oorlog.