1 'n Uitspraak van die Here teen Tirus:Huil, bemannings van die skepe wat op pad is na Tarsis toe,want julle moederstad is verwoes.Julle het dit gehoor toe julle van Kittiërland af gekom het.
2 Julle moet stil wees, inwoners van die eiland,julle wat handel dryf met Sidon, julle wie se rykdom oor die see aankom!
3 Oor die groot waters word die graan van die Sigor, die oes van die Nyl,na Tirus toe gebring; daarmee dryf die nasies handel.
4 Laat sak jou kop in skaamte, Sidon,want die see, die vestingstad van die see, sê:“Ek het nooit geboortepyne gehad nie,ek het nie kinders in die wêreld gebring nie;ek het nie jongmanne grootgemaak,dogters opgevoed nie.”