5 Die Egiptenaars sal skrikwanneer hulle die berig oor Tirus hoor.
6 Julle moet na Tarsis toe vaar.Huil, inwoners van die eiland!
7 Is dit die stad wat altyd feesgevier het,die stad wat al so lank bestaan,die stad wie se mense in ver lande gaan woon het?
8 Wie het die besluit geneem oor die ondergang van Tirus,Tirus wat krone vir konings uitgedeel het,wie se handelaars soos prinse ontvang is,wie se sakelui die meeste op die aarde geëer is?
9 Die Here die Almagtige het dit besluit.Hy breek die trots,Hy maak die hoogmoed tot niks, Hy verneder dié wat oor die hele aarde geëer word!
10 Bewerk julle grond soos dit by die Nyl gedoen word, inwoners van Tarsis,want daar is nie meer 'n hawe om mee handel te dryf nie.
11 Die Here het sy hand oor die see uitgesteeken Hy skud die koninkryke.Hy het bevel gegee om Fenisië se vestingstede te vernietig.