9 Die Here die Almagtige het dit besluit.Hy breek die trots,Hy maak die hoogmoed tot niks, Hy verneder dié wat oor die hele aarde geëer word!
10 Bewerk julle grond soos dit by die Nyl gedoen word, inwoners van Tarsis,want daar is nie meer 'n hawe om mee handel te dryf nie.
11 Die Here het sy hand oor die see uitgesteeken Hy skud die koninkryke.Hy het bevel gegee om Fenisië se vestingstede te vernietig.
12 Hy het gesê: “Sidon, jou dae van feesvier is op 'n end,jy sal verwoes word.Maak klaar, vlug oor na die Kittiërs toe!Ook dáár is nie rus vir jou nie.”
13 Kyk na die Galdeërs se land,sy volk bestaan nie meer nie:hulle land is deur die Assiriërs 'n woonplek vir woestyndiere gemaak,die Assiriërs het stormramme daarteen opgerig en die paleise platgestamp,dit 'n puinhoop gemaak.
14 Huil, bemannings van die skepe wat op pad is Tarsis toe,want die stad waarvan julle afhanklik was, is verwoes.
15 In daardie tyd sal Tirus sewentig jaar lank vergete lê,die leeftyd van 'n koning.Aan die einde van die sewentig jaar sal dit met Tirus gaansoos in die lied oor die prostituut: