17 Angs, vanggate en strikke wag vir die inwoners van die land.
18 Wie van die gevaar af probeer wegkom,beland in die vanggate, wie uit die vanggate probeer uitklim,word in die strik gevang.Strome water sal uit die hemel val,die fondamente van die aarde sal skud
19 en die aarde sal in stukke breek,heen en weer waggel en wankel.
20 Die aarde sal slinger soos 'n dronk mens,heen en weer wieg soos 'n biesieskerm.Die aarde se oortredinge rus swaar op hom,hy sal val en nie weer opstaan nie.
21 Dié dag sal die Here die magte in die hemel daarbo straf,ook die konings van die aarde daaronder.
22 Hulle sal bymekaar gebondel wordsoos gevangenes wat in 'n gat toegesluit is.Hulle sal in 'n tronk opgesluit word,na geruime tyd sal hulle hulle straf kry.
23 Die volmaan sal dof wordwanneer die Here die Almagtigeop Sionsberg en in Jerusalem as Koning sal heersen sy mag laat blyk voor die leiers van sy volk.