1 Here, U is my God!Ek wil U prys en u Naam loof!U het wonders gedoen;dinge wat U lankal besluit het,het U volgens plan uitgevoer.
2 U het die groot stad verander in puinhope,die vestingstad in ruïnes.Die vesting van die vyand is nie meer 'n stad nie,dit sal nooit herbou word nie.
3 Die sterk nasie sal voor U buig,in die stad van die trotse volk sal hulle U dien,
4 want U is 'n toevlug vir die armes,'n toevlug vir die behoeftiges in hulle nood,'n skuilplek teen die stortbuie,'n skaduwee teen die hitte.Die geweld van die wrede volk is soos 'n winterstorm,