22 God het sy troon bokant die hemelkoepel,die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane.Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek,oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon.
23 Hy maak die vername mense tot niks,die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie.
24 Skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai,skaars het hulle wortelgeskiet,of Hy blaas sy asem oor hulle, en hulle verdor,die stormwind vat hulle weg soos stoppels.
25 Met wie kan julle My dan vergelyk,wie is soos Ek? vra die Heilige.
26 Kyk op na die hemel:wie het die sterre geskep?Hy wat die hemelse leër laat uittrek in hulle volle getal,dit is Hy wat hulle elkeen gemaak het.Met sy groot krag, sy groot mag,sorg Hy dat geeneen van hulle ontbreek nie.
27 Waarom sê jy dan, Jakob,waarom kla jy, Israel:“Die Here sien nie raak wat van my word nie,my reg gaan by my God verby”?
28 Weet jy dan nie,het jy nog nie gehoor nie?Die Here is die ewige God,Skepper van die hele aarde.Hy word nie moeg nie,Hy raak nie afgemat nieen sy insig is ondeurgrondelik.