16 Ek laat die blindes loop op 'n pad wat hulle nie ken nie,Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is.Ek verander die donker voor hulle in ligen Ek maak die ongelyk plekke gelyk.Dit is wat Ek gaan doen,Ek gaan daar nie van afsien nie.
17 Dié wat op afgode vertrou,wat vir beelde sê: “Julle is ons gode,”sal op die vlug moet slaan, teleurgestel in hulle verwagting.
18 Luister, julle dowes,kyk, julle blindes, dat julle kan sien.
19 Is daar iemand so blind soos my dienaar,so doof soos my boodskapper wat Ek stuur?Is daar iemand so blind soos die eenwat vir sy sonde gestraf is,so blind soos die dienaar van die Here?
20 Julle het baie gesien, maar julle slaan nie ag daarop nie,julle het gehoor, maar julle luister nie.
21 Die Here het vreugde daaraan om getrou te wees,Hy laat sy woord roem en eer ontvang.
22 Maar sy volk is as 'n stuk buit weggevoer,hulle word almal in gate gevange gehou,hulle is in gevangenisse opgesluit.Hulle het buit geword, en niemand red hulle nie,hulle het gevangenes geword,en niemand sê: “Laat hulle teruggaan!” nie.