17 Hy wat strydwaens en perde laat optrek het,'n leër op volle sterkte na sy ondergang toe.Hulle kon nie weer opstaan nie,dit was klaar met hulle,hulle is soos 'n lamppit uitgedoof.
18 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dinken by die verlede stilstaan nie.
19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen,dit staan op die punt om te gebeur,julle kan dit al sien kom;Ek maak in die woestyn 'n pad,Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.
20 Die wilde diere sal My vereer,die jakkalse en die volstruise,omdat Ek water gee in die woestyn,riviere in die droë wêreldom my volk, my uitverkore volk, se dors te les.
21 Dit is die volk wat Ek vir My geskep het,en wat my lof sal verkondig.
22 Maar jy het My nie aangeroep nie, Jakob,jy het nie moeite gedoen om My te dien nie, Israel.
23 Jy het nie vir My kleinvee as brandoffers gebring,My nie met offers vereer nie;Ek het jou nie belas met graanoffers nie,jou nie die moeite aangedoenom vir My wierookoffers te bring nie.