3 want Ek is die Here jou God,die Heilige van Israel, jou Redder.Ek gee Egipte as losprys vir jou,Kus en Seba in jou plek.
4 Omdat jy vir My kosbaar is,omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet,gee Ek mense in jou plek,volke in ruil vir jou lewe.
5 Moenie bang wees nie,Ek is by jou.Ek bring jou kinders van die ooste af,Ek maak hulle bymekaar van die weste af,
6 Ek sê vir die noorde: Gee!vir die suide: Moet hulle nie terughou nie!Bring my seuns van ver af,my dogters van die uithoeke van die aarde af,
7 elkeen wat na my Naam genoem word,elkeen wat Ek geskep het tot my eer,wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.
8 Laat my volk hierheen kom,die volk wat blind is, al het hulle oë,wat doof is, al het hulle ore.
9 Laat al die nasies bymekaarkom.Al die volke moet teenwoordig wees.Watter afgod kan hierdie dinge so aankondig?Wie kon vooraf sê wat gebeur het?Laat hulle hulle getuies bringdat dié hulle saak bewys,en dié wat luister, kan sê: Dit is waar.