6 Ek sê vir die noorde: Gee!vir die suide: Moet hulle nie terughou nie!Bring my seuns van ver af,my dogters van die uithoeke van die aarde af,
7 elkeen wat na my Naam genoem word,elkeen wat Ek geskep het tot my eer,wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.
8 Laat my volk hierheen kom,die volk wat blind is, al het hulle oë,wat doof is, al het hulle ore.
9 Laat al die nasies bymekaarkom.Al die volke moet teenwoordig wees.Watter afgod kan hierdie dinge so aankondig?Wie kon vooraf sê wat gebeur het?Laat hulle hulle getuies bringdat dié hulle saak bewys,en dié wat luister, kan sê: Dit is waar.
10 Israel, julle is my getuies, sê die Here,en ook my dienaar wat Ek uitverkies hetsodat julle My kan ken en in My kan gloen kan besef dat Ek die Here is.Voor My was daar geen god nie,en na My sal daar ook nie een wees nie,
11 Ek, Ek is die Here,buiten My is daar geen redder nie.
12 Ék het die redding aangekondig,Ék het gered en dit laat verkondig,Ek, nie 'n ander god onder julle nie.Julle is my getuies, sê die Here,en Ek is God.