3 Jou geslagsdele sal kaal wees,mense sal jou bekyk en jou bespot.Ek, die Here, gaan jou straf,Ek sal niemand verskoon nie.
4 Ons Verlosser is die Heilige van Israel,sy Naam is die Here die Almagtige.
5 Sit doodstil, kruip weg in die donker,stad van die Galdeërs!Jy sal nie langer bekend staanas die een wat heers oor al die koninkryke nie.
6 Ek was kwaad vir my volk,Ek het hulle nie meer as my besitting beskou nie;daarom het Ek hulle in jou mag oorgegee.Maar jy het nie met hulle medelye gehad nie;selfs op die oumense het jy 'n swaar juk gelê.
7 Jy het gedink jy sal altyd bestaan, altyd heers.Jy het nie aan die gevolge gedink nie,jy het nie gedink aan wat sal gebeur nie.
8 Luister dan nou hierna,jy wat in wellus lewe,jy wat so rustig woon,jy wat dink:daar is niemand soos ek nie,ek sal nie sonder 'n sorg sit soos 'n weduwee nie,en ek sal nie my inwoners verloor nie.
9 Altwee hierdie dinge sal jou oorval,in een oomblik, op dieselfde dag:jy sal jou inwoners verlooren niemand sal vir jou sorg nie.Dit sal jou voluit trefondanks jou baie toordery,ondanks jou magdom beswerings.