1 Die regverdige kom om,en daar is niemandwat dit ter harte neem nie;dié wat aan die verbond getrou is,sterf sonder dat iemand begrypdat dit deur die boosheid in die wêreld isdat die regverdiges sterf.
2 Dié wat die reguit pad loop,kom waar daar vrede is,hulle rus in die graf.
3 Maar kom julle nader hierheen,kinders van 'n towerheks,julle wat gebore is uit owerspel en hoerery!
4 Met wie wil julle spot?Teen wie wil julle grootpraat,vir wie wil julle tong uitsteek?Julle is niks anders as 'n klomp rebelle nie,'n broeisel leuenaars!
5 Julle dien die afgodemet julle wellus onder die groot bome,onder elke groen boom.Julle offer julle kinders in die laagtesen onder die oorhangende rotse.