1 Die Here het vir my gesê: Vat 'n stuk leer en skryf daarop met 'n pen: Plunder en roof is naby.
2 Ek sal betroubare getuies vir My laat optree: Urija die priester en Sagaria seun van Jeberekja.
3 Na 'n tyd het my vrou swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Die Here het toe vir my gesê: Noem hom: Plunder-en-Roof-is-Naby,
4 want voordat die seuntjie pa of ma kan sê, sal die rykdom van Damaskus en die besittings van Samaria as buit na die koning van Assirië toe gevat word.
5 Die Here het verder met my gepraat:
6 “Omdat hierdie volk Siloag se kalm waters verwerp het en bang geword het vir Resin en vir Peka seun van Remalja,