1 Toe sê Elifas die Temaniet vir Job:
2 “Kan 'n mens vir God tot nut wees?Nee, die verstandige is vir homself tot nut.
3 Watter belang het die Almagtige daarby dat jy reg het,watter voordeel het dit vir Hom dat jou lewenswandel vroom is?
4 Is dit oor jou diens aan Hom dat Hy jou straf,dat Hy 'n saak teen jou het?
5 Is jou verkeerde dade dan nie baie nie?Daar is geen einde aan al jou sondes nie.
6 Sonder regverdiging het jy van jou eie familie goed in pand gevat,jy het die klere van dié wat niks het nie, van hulle afgestroop.
7 Jy het vir dié wat uitgeput was, nie water gegee nieen geweier om vir dié wat honger was, kos te gee.